Kaloelalykabalimskalaleka Dwergeland – Marlene Zwiegers

by marlene

This free e-book was created with
Ourboox.com

Create your own amazing e-book!
It's simple and free.

Start now

Kaloelalykabalimskalaleka Dwergeland – Marlene Zwiegers

  • Joined Jul 2018
  • Published Books 1

Eendag lank, lank gelede was daar ‘n familie van dwergies wat op die eiland, Kaloelalykaskalaleka Dwerg Eiland gebly het. Al die ander Dwerg-families het weggetrek na Boemaloeloe-Dwergfontein Eiland. Net hierdie een familie het oorgebly. Daar was ‘n mamma, stiefpappa, twee boeties en een sussie. Die regte pappa het na Skieteroerabommel Eiland getrek en daar saam met sy nuwe familie gebly.

 

Die mamma se naam was Koeloelayah, die stiefpappa was Koelboemska. En die twee boeties was Koeladeen en Koelaspeen en die sussie was Koelskoemei. Koeladeen was anders as almal. Party het gese hy is effens snaaks. Tog was hulle almal verkeerd. Hy was nie snaaks nie, hy was beter. Sy ore kon ver-ver hoor. Sy oe kon nog verder sien….dis net as hy so fyn kon hoor en sien, dat hy partykeer te veel hoor en sien. Dit het sommer sy kop seer gemaak.

 

 

 

3

“Hoe verduidelik ek vir die familie dat hulle vreeslik raas? Daai ligte wat ook so orals in die huis aangelos word, maak my kop erg seer.”

 

4
This free e-book was created with
Ourboox.com

Create your own amazing e-book!
It's simple and free.

Start now

Ad Remove Ads [X]
Skip to content